Ek onthou die dag toe ek in Moeder Aarde verwelkom is, onthou dit soos gister! Op 5 September 1981 is ek op 'n klein dorpie in die Noord Kaap gebore. My pa het met wol- en vleis skaap geboer en my ma is maar nog soos altyd, 'n tuisteskepper. Na die droogte getuisterde Noord Kaap het ons in die Hoëveld opgeïndig waar ek my Hoërskool loopbaan voltooi het. Ek het my loopbaan verder laat groei deur om Rekenaars Wetenskap te studeer en my loopbaan in die Ingenieurwese rigting te vestig. Musiek was nog altyd 'n hoogtepunt in my lewe, veral nadat die tannie wat my in graad 1 orrel lesse probeer gee het, dit nie met my kon uithou nie! :) Ek is baie bevoorreg om musikante te hê as rolmodelle en het al saam met verskeie bekende kunstenaars opgetree. Hulle musiek is inspireërend vir almal in Suid Afrika. Op die ou einde wil ek maar net as toeskouer staan en Afrikaans in Suid Afrika bevorder! My skryf styl in Afrikaanse musiek is uniek in die opsig dat ek daarvan hou om stories te vertel en deur middel van my musiek mense se harte aan te raak! Ek tree by verskillende geleenthede op reg oor die land en hou natuurlik ook baie daarvan om saam met almal ‘n geselsie aan te knoop! Vir besprekings en navrae kontak my gerus persoonlik! Baie dankie aan al my toeskouers en vriende wat ek al gemaak het by al my optredes, julle is die mense wat dit vir almal in die musiek bedryf dit elke dag die moeite werd maak! Vriendelike Groete! Biografie:  !